Tel: +27 (0)53 391 3002 |

Afdelings

Williston Vleiskoöperasie & Hardeware Winkel

Die Hardeware winkel bied ‘n wye verskeidenheid van produkte:

  • Windpomp Parte
  • Fietse
  • Boute & Moere
  • Verf
  • Groente Sade
  • Veevoer
  • Vee medisyne
  • Sny van pyp
  • Kamp materiaal
  • Bou materiaal

Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3335
E-pos: handel@wvk.co.za
Besigheidsure:
Somer
Ma-Vry: 07:30 – 13:00 & 14:30 – 17:00
Winter
Ma-Vry: 08:00 – 13:00 & 1400 – 17:00
Williston Vleis Koöperasie

Williston Vleiskoöperasie

Williston Vleis Koöperasie

Alle boere van die omgewing weet dat Williston Vleiskoöperasie die produkte aanhou wat hulle help om suksesvol te kan boer.

Williston Vleis Koöperasie

‘n Groot verskeidenheid produkte in die Williston Vleiskoöperasie verseker dat boere en die algemene publiek alle hardeware, medisyne, gereedskap en vele meer hier kan kry.

Williston Vleis Koöperasie

In ‘n gebied waar droogtes voorkom, maak die lewering van verskeie voerprodukte ‘n groot deel uit van die Williston Vleiskoöperasie se dienste.

Williston Vleis Koöperasie

Die Williston Vleiskoöperasie is in die hoofstraat geleë en hierdie prominente gebou kan nie gemis word nie.


Williston Slagpale

Williston Vleiskoöperasie het die slagpale in Februarie 2002 in samewerking met Farmers Direct Marketing (Edms) Bpk op ’n 50/50-basis oorgeneem. Die koöperasie het die lewering van lewendehawe behartig, terwyl FDM verantwoordelik was vir die vleisbemarking in die Kaapse metropool.

In 2006 het Williston Vleiskoöperasie saam met 26 van sy aandeelhouers en produsente FDM se belang in Williston Abattoir uitgekoop en die abattoir in ’n moderne slagfasiliteit omskep. Die aandeelhouding is intussen uitgebrei na 50 privaat-aandeelhouers, maar die beheer en bestuur van die abattoir word deur Williston Vleiskoöperasie en die direksie van Williston Abattoir (Edms) Bpk behartig.

Lewendehawe vir die abattoir word deur die koöperasie, asook onafhanklike agente in Williston en omliggende distrikte gewerf. Die bemarking van die karkasse word deur die bestuur van die koöperasie en die abattoir in samewerking met agente gedoen. Die hoof-afsetpunt in hierdie stadium is Durban en omgewing.

Williston as deel van die Karoo-Hoogland-munisipaliteit, is ’n sentrale rolspeler in die vestiging en bemarking van die Karoo Meat of Origin-handelsmerk. As die verskaffer van ongeveer 100 000 karkasse per jaar, het Williston Abattoir die Karusaf-handelsmerk geregistreer. ’n Nuwe verwerkingsaanleg is opgerig waarin karkasse opgesaag, verpak en gevries word. Hierdie karkasse voldoen aan die hoë vereistes van Karoo Meat of Origin en word onder die Karusaf-handelsmerk hoofsaaklik in Gauteng en die Wes-Kaap bemark.

Williston Slagpale bied die volgende:

  • Slag van skaap.
Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3822
E-pos: abattoir@wvk.co.za
Ontvangstye van skaap:
Ma – Don: 08:00 – 19:00
Vry: 08:00 – 09:00
Son: 17:00 – 19:00
 
Williston Slagpale

Vleis uit die Williston omgewing is baie uniek en word van oraloor geniet.

Williston Slagpale

Williston Slagpale is net buite die dorp geleë. Vleis wat aan die “Karoo Meat of Origin” merk voldoen, kan hier geslag word.


Williston Bandediens (Voertuig & brandstof dienste)

Sedert 2003 word die bande- en brandstof-afdeling van die Williston Vleiskoöperasie bedryf in die gebouekompleks wat jare lank die motorhandelbesigheid Williston Motors, van mnr. Jannie Vlok, gehuisves het.

In 2006 is daar ’n ooreenkoms aangegaan met BP Atlantic vir die verskaffing van brandstof aan die koöperasie se brandstofpompe in die hoofstraat van Williston.

Gas en ander hardeware word vanuit die Williston-Bandediens-winkel aan die breë publiek verkoop.

’n Werktuigkundige doen motorherstelwerk en verskaf ’n 24-uur-bystand- en insleepdiens aan die toenemende verkeer op die R63-roete.

Williston Voertuig & Bandediens bied die volgende:

  • Petrol (Unleaded & LRP)
  • Diesel (500ppm & 50 ppm)
  • Lamp Olies
  • Motor Olies
  • Ys
  • Toilette
  • 24 uur brandstof dienste
  • Voertuig Dienste & Bystand
  • Bande Herstelwerk
  • Bande Verkope
  • Sonpompe
  • Sonpanele
  • 24 uur voertuig bystand

Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3647
E-pos: bande@wvk.co.za
Besigheidsure:
Somer
Ma-Vry: 07:30 – 13:00 & 14:30 – 17:00
Winter
Ma-Vry: 08:00 – 13:00 & 14:00 – 17:00

Williston Bandediens

Die bandediens in die hoofstraat van Williston doen alreeds jare besigheid in bande en alle verwante produkte.

Williston Bandediens

Papwiele is baie algemeen weens die grondpaaie in die omgewing. Gelukkig het die bandediens ‘n opgeleide span om ‘n wiel vinnig te herstel.

Williston Bandediens

Chris van Niekerk is die werktuigkundige wat u kan help met enige probleem aan u voertuig.

Williston Vleis Koöperasie

Kom praat gerus met Johan Jacobs indien jy raad nodig het met die aankoop van nuwe bande.


Handelshuis

Die Williston Koöperatiewe Handelshuis Bpk. het in die vroeë 1940’s sy ontstaan gehad onder die naam Die Williston Boerewinkel Kooperatief Beperk teen 1 pond per aandeel. ’n Algemene handelaarswinkel is van ’n Duitse Jood, mnr. Danziger, aangekoop ten einde die winkel in plaaslike besit te hou en steeds ’n kleinhandeldiens aan die gemeenskap te lewer.

Reeds in September 1945 was daar ’n ontmoeting tussen die direksies van die “Handelsvereniging” en die “Vleis Koöperasie” rakende die “skeidslyn in verkope” tussen die twee besighede en “om moontlike verwarring in die toekoms te voorkom”. By ʼn Algemene Vergadering van Williston Vleiskoöperasie op 11 Mei 1998 is besluit om die Handelshuis te koop en dit onder die bestuur en administrasie van die koöperasie te plaas.

Die Handelshuis word as ’n MultiSave-bedryfsregonderneming bedryf en vorm die algemene kleinhandelsafdeling van Williston Vleiskoöperasie.

Die Handelshuis bied die volgende:

  • Kruideniersware
  • Toiletware
  • Huishoudelike Skoonmaakmiddels
  • Groente
  • Tydskrifte
  • Kombuistoestelle
  • Skryfbehoeftes
  • Ammunisie

Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3285
E-pos: gerrit@wvk.co.za
Besigheidsure:
Ma-Do: 08:00 – 13:00 en 14:00 – 18:00
Vry: 08:00 – 18:00
Sat: 08:00 – 13:00
Handelshuis

Die handelshuis is in Williston se hoofstraat geleë. Groot veranderinge is onlangs aangebring om die winkel te moderniseer.

Handelshuis

Genoeg betaalpunte verseker dat kliënte vinnig gehelp word in die Multisave Handelshuis.

Handelshuis

Die handelshuis hou alle tipes kruideniersware aan, asook elektriese ware, ammunisie en vele meer.


R63 Kiosk

Die groeiende verkeer op die R63-verbinding tussen Gauteng en die Weskus het die behoefte aan ’n kiosk by die brandstofpompe laat ontstaan. Selfoonlugtyd, koffie en ander versnaperinge kan vanaf soggens 06:00 tot saans 22:00 by die winkel gekoop word.

Die openbare badkamergeriewe by die kiosk is al aangewys as die skoonste geriewe van sy soort in die Noord-Kaap.

Die R63 Kiosk bied die volgende produkte & dienste:

  • Koffie
  • Tee
  • Basiese Kruideniersware
  • Lekkers
  • Chips
  • Koeldrank
  • Lugtyd
  • Eskom Krag

Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3285
E-pos: gerrit@wvk.co.za
Besigheidsure:
Somer
Son-Don: 06:00 – 22:00
Vry-Sat: 06:00 – 23:00
Winter
Son-Don: 07:00 – 22:00
Vry-Sat: 07:00 – 23:00
R63 Kiosk

Die R63 Kiosk is op die Karoo Hoogland roete, wat die hoof roete van Gauteng na die Weskus is.

R63 Kiosk

Alles wat die reisiger benodig is verkrygbaar by ons kiosk.

R63 Kiosk

Alle soorte petrol, diesel asook diesel 50 is 24 uur beskikbaar by ons BP vulstasie.

R63 Kiosk

Die toilette by die R63 Kiosk is nuut oorgedoen en word altyd skoon gehou.

R63 Kiosk

Vriendelike petroljoggies sal verseker dat u spoedig met u reis kan voortgaan.


Williston LiquorLand (Drankwinkel)

Die beskikbaarheid van bekostigbare alkoholiese produkte op die platteland het gelei tot die opening van ’n keurige drankwinkel in Augustus 2011. Onder die direkte bestuur van Williston Vleiskoöperasie is LiquorLand ’n groeiende sukses wat aan die algemene gemeenskap van Williston ’n groter keuse teen mededingende pryse bied.
 
Williston LiquorLand bied die volgende:

  • Alle tipe sterk drank
  • Bier
  • Rooi & Wit Wyn
  • Ciders
  • Ys
  • Chips

Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3285
E-pos: gerrit@wvk.co.za
Besigheidsure: 09:00 – 20:00
Williston Liquorland

Die ingang van Williston Liquorland wat in 2011 geopen is.

Williston Liquorland

Goeie pryse en gereelde spesiale aanbiedinge hou ons kliënte by Williston Liquorland gelukkig.

Williston Liquorland

Alle drank wat u nodig het is beskikbaar by Williston Liquorland.

Williston Liquorland

Williston Liquorland is baie toeganklik uit die hoofstraat geleë.


Karusaf

ʼn Nuwe verwerkingsaanleg is in 2014 opgerig waar karkasse opgesaag, verpak en gevries word. Hierdie vleis voldoen aan die “Karoo Meat of Origin” vereistes en word onder Karusaf handelsmerk in Weskaap bemark.
Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3335
E-pos: karusaf.w@wvk.co.za
Kaap Agent: Christelle Theron
Tel: +27 (0)823896309
E-pos: karusaf.karoolam@gmail.com
Besigheidsure:
Ma – Vry: 07:00 – 13:00 & 14:00 – 17:00
 
Karusaf

Boerewors, sosaties en maalvleis is als verkrygbaar onder die Karusaf handelsmerk.

Karusaf

‘n Netjies verpakte Karusaf lam gereed om aan die kliënt gelewer te word.

Karusaf

Hier word ‘n lam opgesaag presies soos die kliënt dit verkies.


Veebemarking

Ons Veebemarking afdeling handel met die verkope van vee, weeg van skaap vir slagting by die abattoir. Handtering van slag uitbetalings.
Kontak Besonderhede:
Tel: +27 (0)53 391 3002
Faks: +27 (0)53 391 3335
E-pos: belinda@wvk.co.za
Bemarkers:
De Witt Hodgson – 082 877 3300 (Na Ure – 053 391 3015)
Hernus le Roux – 078 313 0161
 
Vee Bemarking

Veilings word op ‘n gereelde grondslag gehou deur die vee bemarkingspan van die Williston Vleiskoöperasie.

Vee Bemarking

Vleis wat aan die “Karoo Meat of Origin” waarmerk voldoen word deur die Williston Vleiskoöperasie hanteer.

Karoo | Meat of Origins Karusaf | Lamb - Freshly frozen, direct from the farm

Copyright © 2014. Williston Vleis Koöperasie. All Rights Reserved.

Website Designed & Maintained by ATELJEE